Monday, 17 September 2012

Sy welbehae

Op my knieë sak ek nou laag
en vra of dit God sal behaag 
om iemand groot en sterk te stuur
wat my sal troos in my nooduur

Dan, om my word die nag doodstil.
Vergaan is die wanhoop en die kil
gevoel gaan oor om plek te maak
vir iets wat my dan aanraak . . . 

Hy fluister in my dowe oor
en pleit sodat ek hom moet hoor:
as ek nou wou, sal hy my troos
en niks maak van my moedeloos 

© 2001

No comments:

Post a Comment