Die sandsee is groot, kom ons raak weg vir weke
en as ons terugkeer onthou ons die smake en reuke
van pyprook en rooiwyn voor 'n houtvuur onder die sterre.
Diep in ons harte sal ons hierdie herinneringe bêre.
Die lewe is vreemd; dit loop meer as een draai
en waarheen dit ons neem kan ons maar net raai,
maar een ding is seker, ek lê my daarby neer:
sodra die tyd reg is sien ons mekaar weer.
© 2012
No comments:
Post a Comment