Monday, 17 September 2012

Sy welbehae

Op my knieë sak ek nou laag
en vra of dit God sal behaag 
om iemand groot en sterk te stuur
wat my sal troos in my nooduur

Dan, om my word die nag doodstil.
Vergaan is die wanhoop en die kil
gevoel gaan oor om plek te maak
vir iets wat my dan aanraak . . . 

Hy fluister in my dowe oor
en pleit sodat ek hom moet hoor:
as ek nou wou, sal hy my troos
en niks maak van my moedeloos 

© 2001

Onthou jy die sandsee?

Die sandsee is groot, kom ons raak weg vir weke
en as ons terugkeer onthou ons die smake en reuke
van pyprook en rooiwyn voor 'n houtvuur onder die sterre.
Diep in ons harte sal ons hierdie herinneringe bêre.

Die lewe is vreemd; dit loop meer as een draai
en waarheen dit ons neem kan ons maar net raai,
maar een ding is seker, ek lê my daarby neer:
sodra die tyd reg is sien ons mekaar weer.
© 2012

Ever with me

You shouldn't frequent my dreams the way that you do -
though I love you, adore you - you know that it’s true.
You must go your own way and I must go mine,
anything else would be overstepping the line.

Why do you still come to me when I drift off to sleep?
Why do you persist in reminding me, when you know that I keep
the memory of you tucked away deep in my heart
and though we're not together . . . we’re never truly apart.

Please be still now, knowing that you are ever with me.
You will always have my heart, so please let me be.

© 2012